Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Cook kook; Harris vat vyf

2011-10-07 08:03
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Stephen Cook het die Lions se eerste beurt Donderdag in Kimberley met ’n onoorwonne honderdtal geanker in hul SuperSport-krieketwedstryd teen die Knights.

Met Cook (131*, 395m, 282b, 20x4) steeds voor die paaltjies, het die besoekers teen uitskeityd 297/6 gehad.

Dié aanvangskolwer het die Knights duur laat betaal vir ’n verbroude vangskoot toe hy 77 gehad het. Hy is in die eerste boulbeurt van die draaier Dean Elgar in die dekke misgevang om sy 22ste honderdtal aan te teken.

Die 300ste vangskoot van die paaltjiewagter Morné van Wyk was darem ’n effense ligpunt vir die tuisspan op ’n dag waarop die boulers behoorlik geswoeg het.

Vroeër het Alviro Petersen nie geskroom om te kolf toe hy die loot gewen het nie. Maar dié kaptein, wat altesaam 250 lopies in sy span se eerste wedstryd gemoker het, was ook die eerste kolwer terug in die paviljoen.

Petersen (35) se paaltjie was die enigste wat in die oggendskof gekantel het. Die skof ná middagete het weer net ’n enkele paaltjie opgelewer – Jonathan Vandiar (48) is gevang deur Van Wyk van die boulwerk van Ryan McLaren.

Met die eerste aflewering ná die teepouse het Van Wyk sy 300ste vangskoot in eersterangse krieket benut toe daar van die ervare Neil McKenzie (18) ontslae geraak is.

Zander de Bruyn moes met die laaste aflewering van dieselfde boulbeurt van Dillon du Preez vir ’n nulletjie terugstap toe hy uitstekend op eerste glip deur Boeta Dippenaar gevang is.

Du Preez (2/69) en McLaren (2/60) het elk twee paaltjies ingeoes.

In Pietermaritzburg het die Titans se Paul Harris die nasionale keurders aan hom herinner met ’n goeie boulvertoning teen die Dolphins.

Dié Proteas-draaibouler het sy terugkeer met boulsyfers van 5/37 gevier. Hy het onlangs ’n klein operasie ondergaan waarin ’n abses verwyder is.

Die tuisspan was op 118/6 op die agtervoet, maar hy het danksy hardnekkige kolfwerk deur Daryn Smit (77 n.u.n) en Kyle Abbott (38) eindelik 243 gekry.

Harris sê die bal het ’n klein bietjie gedraai, maar hy het sy welslae ook aan baie akkurate boulwerk toegeskryf.

Ná die welslae wat dié hotklou behaal het, is die Dolphins se Imran Tahir waarskynlik bitter spyt dat hy nie speel nie. Hy het in verlede seisoen se ooreenstemmende wedstryd 12 paaltjies laat kantel en sy onttrekking weens ’n liesbesering as voorsorgmaatreël moes vir die Titans goeie nuus gewees het.

Die Titans sal vanoggend op 20/0 voortkolf.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: titans  |  knights  |  supersport-reeks
VOLGENDE OP NUUS24X

Eng boul Proteas flou

20 minute gelede

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Krieket-kommentaar

Jonny Stier sê... Absoluut pateties. Hulle is nou 'n stappie verder as die chokers wat ons die laaste tyd leer ken het. Is daar niemand in die afrigting span wat hierdie choking van hulle kan stop sit nie? Sodra die eerste twee paaltjies val, donner die hele spul inmekaar. Het ons dan nou geen ordentlike kolwers meer nie? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 15:22 PM
    Road name: Witkoppen Road Eastbound
    DELAYS approaching Cambridge Road
  • Wednesday Sunninghill - 15:21 PM
    Road name: Maxwell Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Van der Bijl Avenue - POINTSMEN on duty
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.