Cobras spoeg meer gif met Langes

2009-12-09 13:12
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Kaapstad - Die Cape Cobras se boulaanval vir hul belangrike SuperSport-krieketstryd gaan versterk word met die terugkeer van Charl Langeveldt van nasionale diens.

Die Cobras, ná oorwinnings in opeenvolgende naweke oor die Warriors en die Eagles, pak die verdedigende kampioenspan, die Titans, van môre af in die Paarl.

Die Cobras en die Titans is onderskeidelik eerste en tweede op die puntelys en ’n sege vir een van die spanne sal van onskatbare waarde wees.

Langeveldt sal in Rory Kleinveldt se plek speel nadat dié bouler verlede naweek ’n liesbesering opgedoen het.

Die toestand van die kolfblad in die Paarl gaan beslis ’n groot gesprekpunt wees.

Daar was groot ongelukkigheid by die Warriors oor die toestand van die blad toe hulle einde verlede maand in die Paarl verloor het.

Russell Domingo, die afrigter van die Oos-Kaapse span, het die blad as skokkend beskryf. Balle het op die eerste dag al deurgerol.

Die wedstryd teen die Warriors was binne drie dae verby en 23 van die 31 paaltjies wat geval het, was kolwers wat skoongeboul óf been voor paaltjie uitgegee is.

Daar was omtrent niks gras op die blad te bespeur nie en die bal het baie laag gehou. Môre se wedstryd gaan egter op ’n blad gespeel word met ’n goeie grasbedekking en die wip behoort dus meer eweredig te wees.

Die blad waarop die spanne gaan speel, is egter een wat gewoonlik vir klubwedstryde gebruik word en word nie gereeld vir provinsiale wedstryde ingespan nie.

Die Protea-kolwer JP Duminy het ook gister saam met sy provinsiale spanmaats geoefen, maar hy is nie beskikbaar vir die naweek se wedstryd nie.

Dít laat die vraag ontstaan of hy en van sy mede-kolwers nie meer baat sou vind as hulle die naweek ’n eersterangse wedstryd kon speel eerder as om ’n kamp saam met die nasionale span by te woon nie.

Die Proteas het juis die laaste 18 maande hul rieme in die eerste wedstryd van reekse op eie bodem styfgeloop. Maar dit is ook te betwyfel of Duminy se selfvertroue ’n hupstoot sou kry op die Paarl se kolfblad.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.