Cobras goed op pad na 1ste titel

2009-12-14 08:48
Tweets Share Share line Print

Johann de Jager

Bloemfontein - Die Cape Cobras seil met ’n derde agtereenvolgende oorwinning voor in die pylvak om vir die eerste keer die SuperSport-krieketreeks te wen.

Hulle het in die Paarl verlede jaar se kampioene, die Titans, hul tweede agtereenvolgende nederlaag toegedien.

Die Cobras is met 76.52 punte ná sewe van die tien wedstryde steeds die voorlopers.

Die Warriors, wat nog nooit enige franchise-kompetisie gewen het nie, is met 66.10 punte in die tweede plek en ook nog in die wedloop. Ná twee sportiewe beurtsluitings het Garnett Kruger die Warriors met ’n vyftal aan paaltjies tot ’n oorwinning oor die Dolphins in Durban geboul.

Hoewel die wedstryd tussen die Lions en Diamond Eagles in Johannesburg onbeslis geëindig het, was die punte wat die Lions verdien het genoeg om hulle met 65.66 punte in die derde plek te hou.

* Die Cobras het in die Paarl vir die derde agtereenvolgende wedstryd weer net drie dae benodig om te wen. Hulle het ’n derde agtereenvolgende tuissege en tweede agtereenvolgende beurtsege behaal deur die Titans met ’n beurt en 72 lopies te klop.

Die twee oornagkolwers van die tweede dag, Justin Kemp (93) en Robin Petersen (100), het die Cobras gehelp om 420 lopies in hul eerste beurt aan te teken.

Die besoekers, met ’n agterstand van 180, is vir net 108 in hul tweede beurt uitgeknikker.

Charl Langeveldt (4/45) en Francois Plaatjies (4/27) het elk vier paaltjies vir die wenspan geneem.

)?Henk Steenkamp berig die Warriors het hul wedstryd kort ná die middagpouse gister op Kingsmead op die vierde en laaste dag van die wedstryd wat deur reën geteister was, met 88 lopies beklink.

Kruger het die Dolphins met 5/71 in hulle tweede beurt gesink. Lonwabo Tsotsobe (3/37) het Kruger pragtig ondersteun.

Die eerste drie dae van die wedstryd is deur reën ontwrig. Albei spanne het egter met beurtsluitings kanse gewaag en lewe in die wedstryd geblaas.

Daar was oorgenoeg tyd vir die Dolphins om 275 lopies in hul tweede beurt aan te teken om te wen. Hulle het gisteroggend op 34/1 hervat waarna hulle toe vir 186 lopies uitgehaal is.

)?Die Lions het gister op die Wanderers, ná onoorwonne vyftigtalle deur Thame Tsolekile (59*) en Cliffe Deacon (50*), hul tweede beurt op 301/6 gesluit. Dit het aan die Eagles die taak gelaat om 333 in 44 boulbeurte aan te teken. Die besoekers het 114/3 gehad toe ooreengekom is om spel te staak.

Stephen Cook, aanvangskolwer van die Lions, is met sy beurte van 51 en 32 weer die voorste lopiemaker met 765 lopies ná sewe wedstryde.

Dit is omdat Dean Elgar, ná sy 98 lopies, gister deur die paaltjiewagter, Tsolekile, van Deacon se boulwerk af vir ’n nulletjie gevang is.

- Beeld


 

Lees meer oor: titans  |  cape cobras

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.