Clarke, Ponting verloor paaltjies
2011-11-21 14:23
Johannesburg – Spel in die tweede kriekettoets op die Wanderers, wat vroeër weens reën vertraag was, het Maandagmiddag om 13:00 begin.
Dit is die laaste dag van die tweede en laaste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië.
Australië het sy tweede beurt op 142 vir 3 voortgesit.
Die Aussies se kaptein, Michael Clarke (2), is kort nadat die toets Maandag voortgesit is deur Vernon Philander uitgehaal.
Ricky Ponting het 62 lopies aangeteken voordat hy deur Morné Morkel uitgeboul is.
Michael Hussey is op 12 en Brad Haddin is op 3 nie uit nie. Die besoekers staan tans op 169/5.
Indien die toets onbeslis eindig sal die Proteas die eerste keer sedert 1970 'n reeksoorwinning teen Australië behaal.
Volg die telling regstreeks op Nuus24 se tuisblad.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG