Cape Cobras kry wéér streepsuiker

2010-03-05 09:55
Tweets Share Share line Print

Henk Steenkamp

Port Elizabeth

Skitterende boulwerk met ewe flink vang- en veldwerk het Donderdagaand op Nuweland in Kaapstad ‘n plek in die eindstryd van die Standard Bank Pro20-reeks vir die Warriors se krieketspan beklink.

Die Warriors het die Cobras met tien lopies in dié spanne se tweede wedstryd in die halfeindronde geklop. Vrydag het die Warriors met drie lopies gewen en hulle speel nou op 12 Maart in die eindstryd op St. Georgepark teen die Lions of Titans.

Die Warriors moes ’n klein teiken verdedig ná hulle 121/6 aangeteken het.

Die besoekers se sterk boulaanval was egter een te veel vir die Cobras op ’n blad waarop houespel nie maklik was nie.

Makhaya Ntini (2/12) was uitstekend en die draaiers Johan Botha en Nicky Bojé het die Cobras behoorlik vasgepen. Dan was Rusty Theron weer dodelik wanner dit saak gemaak het.

Soos die Warriors het die Cobras in hulle kolfbeurt sleg afgesit. Dit was 9/2 toe Andrew Puttick en Justin Ontong dit na 62 geneem het voordat Puttick (22) deur die linksdraaier Nicky Bojé b.v.p betrap is.

Kort daarna is Ontong ook uit en het die Cobras se taak moeiliker begin word. Justin Kemp (29, 25 b) het hard probeer, maar vergeefs.

In die Warriors se kolfbeurt was die besoekers van meet af aan in die knyp. Die eerste paaltjie het in die derde boulbeurt geval en daarna het die Warriors gesukkel om behoorlike herstelwerk te doen.

Die een aanvangskolwer, Ashwell Prince, het hard probeer om die beurt aanmekaar te hou. Hy was die enigste van die toporde-kolwers wat teen die Cobras se goeie boulwerk iets kon uitrig.

Hy het 25 (27b) aangeteken voordat hy te vroeg na ’n aflewering van Kemp gespeel en uitgevang is.

Die Warriors het eers teen die einde van die beurt bietjie op dreef gekom met ’n deurslaggewende onoorwonne vennootskap van 58 lopies om die sewende paaltjie.

Johan Botha (29, 27b, 2x6, 1x4) en Craig Thyssen (27, 18b) was daarvoor verantwoordelik. Thyssen het ’n swak laaste boulbeurt deur Charl Langeveldt uitgebuit deur die laaste twee aflewerings vir onderskeidelik vier en ses te slaan.

Botha en Thyssen het goed by die blad aangepas. Langeveldt was ongewoon duur. Hy het 20 lopies in sy vierde en laaste boulbeurt afgestaan.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: pro20-krieketreeks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.