Breier wis nie vooraf van Smith se bedanking

2010-08-19 06:47
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Graeme Smith se bedanking Woensdag as kaptein van die Suid-Afrikaanse Twintig20-krieketspan was só skielik dat dit selfs sy Protea-afrigter, Corrie van Zyl, onkant betrap het.

Van Zyl, wat vroeër vanjaar by Mickey Arthur oorgeneem het en tans saam met die land se naasbestes in Sri Lanka toer, het aan Die Burger gesê hy was “salig onbewus” van Krieket Suid-Afrika (KSA) se nuuskonferensie wat inderhaas gereël is óf enige voorneme van Smith om te bedank.

Dié 29-jarige aanvangskolwer het Woensdag aangekondig dat hy die tuig as blitskaptein neerlê en dat hy ook nie meer die eendaagse span sal aanvoer ná aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi op die subkontinent nie. Dié toernooi in Indië, Sri Lanka en Bangladesj eindig vroeg in April.

Smith, wat in 2003 as 22-jarige die land se jongste kaptein tot nog toe geword het, sal egter steeds as toetskaptein aanbly.

“Ek worstel reeds geruime tyd met die idee om te bedank uit ­minstens een van die weergawes van die spel, maar dit was eers die afgelope week dat ek die besluit ­geneem het,” het Smith Woensdag gesê. “Vir agt van my nege jaar by die Proteas was ek kaptein en ek is verlig om nou uiteindelik minder verantwoordelikheid te hê.”

Volgens hom het hy dié nuus “so vertroulik as moontlik” probeer hou. “Ek het eers van 05:00 vanoggend (Woensdagoggend) van my familie en vriende laat weet sodat daar nie gerugte kon rondloop nie.

“Ek het ook SMS’e gestuur aan elk van my spanmaats en ek is seker Corrie het ook een gekry.”

Volgens Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, sal die nasionale keurkomitee en die uitvoerende raad eersdaags oor Smith se opvolger besluit. AB de Villiers is die gunsteling om by hom oor te neem, hoewel die name van Hashim Amla, Johan Botha, JP Duminy en Alviro Petersen ook as opvolgers genoem word.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: graeme smith  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Boerperd sê... Riaan Jy kyk te veel Jerry Springer. Jy praat darem hopeloss te veel van "gays" en "traylor trash". As jy wil sleg se, vat jou pak as iemand jou aanvat. Of kry maniere mamparra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.