Bouler aangekla ná hy kolwer met bal gooi
2010-08-09 05:44
Birmingham, England - Die Engelse snelbouler Stuart Broad moet voor 'n dissiplinêre komitee verskyn ná hy Pakistan se Zulqarnain Haider op die derde dag van die tweede toets by Edgbaston met die bal gegooi het.
Broad het voor die wedstrydskeidsregter verskyn en is daarvan aangekla dat hy die bal onvanpas na 'n opponent gegooi het.
'n Woordvoerder vir die Engelse span het bevestig dat die 24-jarige Broad aangekla is, maar hy wou nie meer sê voor die Internasionale Krieketraad se beslissing bekend gemaak is nie.
Broad kan 50% van sy wedstrydfooi beboet of een wedstryd geskors word vir dié voorval.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AFP