'Besluit kan Majola se doppie klink'

2011-07-22 07:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Krieket Suid-Afrika se besluit om sy reisagentskap in die pad te steek, kan sy grootbaas se doppie finaal klink.

Só is vandeesweek aan Sport24 gesê aan die vooraand van die bekendmaking van die langverwagte verslag oor die sogenaamde bonusskandaal wat dié beheerliggaam reeds die afgelope jaar lank treiter.

Gerald Majola, KSA se uitvoerende hoof, is eergister meer as vyf uur lank ondervra deur ouditeure van KPMG, wat vroeër vanjaar aangestel is om ondersoek in te stel na die toekenning van miljoene rande se ongemagtigde bonusse aan hom en sowat 40 ander werknemers.

Dié bonusse van R4,7 miljoen is verlede jaar betaal vir die aanbieding van die Indiese Premierliga (IPL) en die Kampioenetrofee-reeks, maar is nooit deur KSA se finansiële en besoldigingskomitee of die uitvoerende raad goedgekeur nie.

Hoewel Majola kort daarna vrygespreek is van enige ongerymdhede – ná ’n interne ondersoek onder leiding van KSA se vise-president, A.K. Khan – het die Johannesburgse hooggeregshof vroeër vanjaar gelas dat ’n onafhanklike ondersoek na KSA se geldsake gedoen word.

Dié span, wat die KPMG-ouditeure insluit en gelei word deur adv. Ishmael Semenya, moes die afgelope twee maande ook vasstel hoe R68 miljoen glo uit KSA se geldkoffer “verdwyn” het én waarom sowat R19 miljoen glo opgedok is vir reis- en-verblyf-koste tydens verlede jaar se Twintig20-wedstryd tussen die Proteas en Indië in die Moses Mabhida-stadion in Durban.

Majola sal na verwagting môre weer met dié ondersoekspan vergader om die laaste “uitstaande inligting” te verskaf voordat ’n volledige verslag Maandag aan KSA se ouditkomitee oorhandig word. Dit sal aanstaande Vrydag aan KSA se uitvoerende raad voorgelê word.

Hoewel daar verwag word dat dié verslag nie Majola se kop sal laat rol nie, het verskeie KSA-ingeligtes vandeesweek aan Volksblad gesê die besluit om Sandown Travel se dienste sonder waarskuwing te beëindig, kan wél sy einde beteken. Dié agentskap wil KSA hof toe sleep nadat sy kontrak laasmaand “summier beëindig” is – glo omdat hy inligting rondom Majola se reis-en-verblyfkoste aan die ondersoekspan verskaf en glo van dié inligting “aan ander belanghebbendes uitgelek het”.

Charlie Newell, Sandown Travel se besturende direkteur, het by navraag geweier om kommentaar te lewer. Tog verneem Volksblad ’n eis van nagenoeg R3 miljoen sal eersdaags teen KSA ingestel word.

“As uitvoerende hoof is Gerald by magte om hul (Sandown Travel se) kontrak te beëindig en hoef dit nie vooraf deur KSA se uitvoerende raad goedgekeur te word nie,” is deur ingeligtes aan Volksblad gesê. “As hy hom egter aan kontrakbreuk skuldig gemaak het, is hy in groot moeilikheid. KSA kan eenvoudig nie nog ’n skandaal bekostig nie.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.