Beseerde Brett Lee wel in T20
2010-03-30 15:13
Sydney – Die veteraan snelbouler Brett Lee is ingesluit in die Australiese krieketspan wat aan volgende maand se Twintig20-wêreldtoernooi in die Wes-Indiese Eilande gaan deelneem.
Lee (33) het vanjaar net een wedstryd in die Indiese Premierliga (IPL) gespeel voordat hy na Australië moes terugkeer met ‘n ernstige elmboogbesering.
Australië sal bo-aan hul groep, wat Pakistan en Bangladesj insluit, moet eindig as hulle nie soos die vorige keer reeds in die eerste ronde van die toernooi uitgeskakel wil word nie.
Hul openingswedstryd is teen Pakistan op 2 Mei in St. Lucia voordat hulle teen Bangladesj op 5 Mei in Barbados te staan kom.
Dié Twintig20-wêreldtoernooi vind vanjaar vanaf 30 April tot 16 Mei plaas.
Australië se span:
David Warner, Shane Watson, Michael Clarke (kaptein), Cameron White, David Hussey, Michael Hussey, Tim Paine, Steven Smith, Daniel Christian, Brad Haddin (paaltjiewagter), Brett Lee, Dirk Nannes, Mitchell Johnson, Nathan Hauritz, Shaun Tait.
- Sport24