Bell skuif op in ranglys na blaps
2011-08-02 22:47
Kaapstad – Die Britse kolwer Ian Bell het na die vyfde plek op die Internasionale Krieketraad (IRK) se jongste ranglys vir kolwers geklim na ‘n honderdtal teen Indië by Trent Bridge.
Bell het 159 lopies in die tweede toets gemoker om Engeland met 319 te laat seëvier sonder om vir die laaste dag se aksie te moes opstaan.
Hy was egter op 137 lopies uitgehardloop, maar is na die kolfblad teruggeroep.
Hy het op die nuuste ranglys 12 plekke geklim.
Die Indiër Sachin Tendulkar het een plek op geskuif in die derde plek.
Die Protea Jacques Kallis het sy kroon behou en sit steeds op die troon bo-aan die lys vir kolwers.
Sy spanmaat Dale Steyn het sy boulerskroon ook behou met Brittanje se James Anderson op sy hake. Nóg ‘n Protea, Morne Morkel, blaas egter warm asem in Anderson se nek in die derde plek.
Só lyk die ranglys vir toetskolwers
1. 883 J.H. Kallis
2. 838 K.C. Sangakkara
3. 831 S.R. Tendulkar
4. 792 I.J.L. Trott
5. 776 I.R. Bell
Toetsboulers
1 899 D.W. Steyn
2 790 J.M. Anderson
3 751 M. Morkel
4 749 G.P. Swann
5 728 Zaheer Khan
– Lees meer hier.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.