Bekende snelbouler sterf
2013-01-06 11:27
Kaapstad – Neil Adcock, een van Suid-Afrika se beste snelboulers, het vroegoggend in Howick, KwaZulu-Natal, gesterf.
“Adcock het in die vroeë vyftigs na vore gekom en een van Suid-Afrika se eerste wêreldklas, werklike snelboulers geword,” het Ali Bacher, ‘n vriend en voormalige krieketspeler, gesê.
Nadat die legendariese krieketspeler afgetree het, het hy lank saam met Charles Fortune as ‘n radiokommentator gewerk.
Adcock (81), wat deur sy vrou, Maureen, oorleef word, is aan kanker oorlede nadat hy lank aan dié siekte gely het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA