Bekende krieketskrywer sterf in hotel
2011-11-13 11:15
Sydney – Die bekende krieketskrywer Peter Roebuck is in 'n hotel in Suid-Afrika dood aangetref, het sy werkgewers Sondag gesê.
Volgens sy werkgewers is die Britsgebore Roebuck (55) in ‘n hotel in Nuweland gevind.
Hy was in die land om Australië se toetsreeks met die Proteas te dek.
Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie, maar die Sydney Morning Herald berig “die polisie het vroeër die dag met hom gepraat.” Luidens die Australian Broadcasting Corporation (ABC) was hy glo in ‘n onrustige bui.
Roebuck het self eers krieket gespeel voordat hy oor die sport begin skryf het. Hy het dikwels krieket vir die ABC gedek en vir die land se Fairfax-koerante geskryf.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AFP