Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Barnes moet ‘Ntini’s’ opspoor

2011-06-22 08:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Vind die nuwe geslag Makhaya Ntini’s.

Dít is die nuwe opdrag wat Krieket Suid-Afrika (KSA) aan Vincent Barnes gegee het.

Ná agt jaar as die hulpafrigter van die nasionale span, is Barnes vandeesweek aangestel as KSA se nuwe prestasie-afrigter.

Barnes sal ook die leisels neem van die Suid-Afrikaanse ontluikende span wat later vanjaar in Australië toer, sowel as van die nuwe, sewende span in die plaaslike Pro20-reeks.

Hy is ook aan die stuur van Suid-Afrika A, wat van volgende week af in ’n driehoekige toernooi in Zimbabwe teen Zimbabwe en Australië A speel.

Hy is veral die taak gegee om ’n oplossing te vind vir die vraagstuk waarom jong swart spelers wat uitblink op junior vlak, wegraak en nie vorder tot by die nasionale span nie.

“Ek gaan die net so wyd as moontlik span.

“Ek sal natuurlik kyk wat by die streekspanne gebeur, maar ek gaan seker maak dat ons ondersoek instel op alle vlakke van die spel,” het Barnes gesê.

Barnes (51) was sedert 2003 die Proteas se hulpafrigter, maar met die aanstelling van Russell Domingo en Allan Donald as Gary Kirsten se assistente, het Barnes se betrokkenheid by die nasionale span tot ’n einde gekom.

“Gerald (Majola, KSA se uitvoerende hoof) het ’n paar weke gelede vir my genoem dat Gary (Kirsten) sy eie span wou inbring.

“Hy het toe die moontlikheid geopper van ’n nuwe pos by die sentrum vir uitnemendheid,” het Barnes gister aan Sport24 gesê.

“Corrie (van Zyl, hoof van die sentrum vir uitnemendheid) het daarna baie met my gepraat en is baie opgewonde oor my nuwe verantwoordelikhede.”

“Ek is veral opgewonde oor die geleenthede om die ontluikende span en die nuwe sewende span af te rig.

“Dit gee my ’n kans om ook spanne af te rig, bo en behalwe die ontwikkelingswerk,” het die Kapenaar gesê.

Volgens Barnes moet hy toegee die kans om die leisels as ’n hoofafrigter te neem, was wel ’n versoeking.

“Ek het baie hard gedink oor die Bangladesj-pos. Ek het oor die laaste paar jaar dit al hoe moeiliker begin vind om so lank van die huis af weg te bly en as ek Bangladesj-pos sou aanvaar, sou dit nog meer tyd in hotelle beteken het.”

Barnes het gesê hy sien baie daarna uit om weer nou saam met Van Zyl te werk.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: vincent barnes  |  krieket  |  proteas
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.