Aussies se 'ware karakter' kom na vore

2011-11-22 08:11
Tweets Share Share line Print

Albei kan glimlag... Graeme Smith (links) en Michael Clarke met die trofee nadat die reeks met 1-1 gelykop geëindig het. (Deaan Vivier, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – “Die ware karakter van hierdie span het na vore gekom en ons behoort almal só trots te wees op een van die merkwaardigste vertonings tot nog toe in Australiese krieket.”

Só het Michael Clarke, Australië se kaptein, gisteraand gesê nadat sy span die tweede toets hier teen Suid-Afrika met twee paaltjies gewen het.

Die Aussies die hoogste wentelling tot nog toe in toetskrieket op die Wanderers bereik (310) en Suid-Afrika daarvan weerhou om die eerste keer sedert hertoelating ’n tuisreeks teen Australië te wen.

Toe van die Aussie-joernaliste vir Clarke gevra het of hulle hom ’n verskoning skuld nadat hulle in die aanloop tot hierdie toets en selfs ná die eerste beurt die koppe van Ricky Ponting, Brad Haddin en Mitchell Johnson geëis het, het hy gesê: “Julle skuld niemand in die span ’n apologie nie. Daardie spelers het geweet daar is druk op hulle, maar soos die kam­pioene wat hulle is, het hulle toe dit regtig nodig was hul kant gebring.

“Ricky (62), Brad (55) en Mitch (40*) was absoluut skitterend en het op die wekroep geantwoord toe ons dit die nodigste gehad het.”

Die 18-jarige Pat Cummins, wat in sy debuuttoets as speler van die wedstryd aangewys is, het nie net sewe paaltjies in die toets (ses in die tweede beurt) geneem nie, maar ook die wenlopies met ’n grenshou van die boulwerk van Imran Tahir af geslaan.

“Vir my was daardie lopies (13*) wat ek saam met Mitch gekry het, omtrent van meer belang as die paaltjies,” het Cummins breed geglimlag.

Clarke, wat vir slegs twee lopies deur Vernon Philander geboul is, het gesê hy het toe sy span 190 vir ’n sege benodig het, elke lopie begin aftel.

“Dit was baie senutergend en ek het omtrent ’n uur en ’n half in die badkamer deurgebring omdat ek soms nie eens kon waag om te kyk wat aangaan nie,” het hy erken.

Oor die puik vennootskap van 72 lopies tussen Haddin en Johnson het hy gesê toe hulle afgekom het met teetyd, wou hul spanmaats aan hulle raad gee.

“Ek het vir hulle gesê ons moet nie eers ons asems mors nie, want hulle gaan in elk geval net speel soos wat hulle gewoond is.”

Clarke het gesê hy was baie bekommerd dat gisteroggend se reën die heeldag sou aanhou.

Wat die moontlike aanstelling van Mickey Arthur as nuwe Aussie-afrigter betref, het Clarke gesê dit sal hom glad nie pla as ’n Suid-Afrikaner hul afrigter word nie.

Daar word wyd bespiegel dat Clarke sy steun toegesê het aan sy landgenoot en oud-toetsspeler Steve Rixon om die span te brei.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.