Aussies mag IPL boikot

2010-02-23 12:25
Tweets Share Share line Print

Sydney – Australiese krieketsterre het geweier om hulle by vanjaar se Indiese Premierliga (IPL) aan te meld mits daar aan hul eise vir sekuriteit voldoen word.

Paul Marsh, die uitvoerende hoof van die Australiese Krieketspelers-vereniging (ACA), het gesê spelers het dié eise uitgereik na dreigemente deur ‘n Al-Kaïda-splintergroep.

Totdat die IPL nie aan hul bekommernisse aandag skenk nie, het Marsh gesê sal spelers hulle nie tot dié toernooi verbind nie.

“Die spelers is definitief bekommerd, die IPL het ‘n direkte dreigement ontvang… en ons is nie gelukkig met die sekuriteitsplanne wat hulle tans in plek het nie, dit is die twee kwessies,” het Marsh gesê.

Dié nuutste kommer oor sekuriteit volg nadat die Asia Times online berig het dat hulle ‘n waarskuwing van ‘n Al-Kaïda-splintergroep ontvang het wat dreig om sporttoernooie in Indië aan te val.

Die draaibouler Shane Warne het verlede week gesê dat dié dreigemente hom “tweekeer laat dink het” om na Indië te vlieg waar hy vir die Rajasthan Royals in die IPL speel.

Warne het gesê dat die IPL verlede jaar op kort kennisgewing na Suid-Afrika geskuif is en as die dreigemente bewys kan word, moet die organiseerders oorweeg om die kriekettoernooi weer te skuif.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: shane warne  |  krieket  |  ipl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Dante sê... Ag, Sweet.......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLVO

S60 T6 3.0 Geartronic MY11
2011
R 389,950.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 88,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.