Aussie brei Sri Lanka-krieket
2011-09-23 15:02
Colombo – Sri Lanka het die voormalige Australiese kolwer Geoff Marsh, as nuwe breier van die land se nasionale krieketspan aangestel.
Sri Lanka Krieket het in 'n verklaring gesê Marsh is 'n kontrak van twee jaar, wat op 27 September begin, aangebied.
Die 52-jarige Australiër het 50 toetse en 119 eendagwedstryde vir sy land gespeel.
Hy het Australië en Zimbabwe afgerig en was ook 'n nasionale keurder.
"Met sy ervaring as speler en afrigter is ons vol vertroue dat Geoff Marsh die ideale persoon vir die pos is," het die verklaring gelui.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
– Sport24