Aus in beheer van 4de toets
2012-01-26 15:28
Adelaide – Australië se krieketspan het met uitskeityd op die derde dag van die vierde toets teen Indië, 50/3 op die telbord gehad.
Die Aussies se voorsprong is nou 382 lopies nadat Indië in sy eerste beurt vir 272 lopies uitgehaal is.
Australië het sy eerste beurt op 604/7 verklaar.
Danksy ’n yslike vennootskap van 251 lopies tussen die kaptein, Michael Clarke, en sy voorganger, Ricky Ponting, is die tuisspan stewig op koers om in die reeks met 4-0 skoonskip te maak.
Clarke-hulle is reeds met 3-0 voor ná oorwinnings met 122 lopies, ’n beurt en 68 lopies en ’n beurt en 37 lopies in onderskeidelik Melbourne, Sydney en Perth.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG