As-reeks: Trott tugtig Aussies
2010-12-27 10:41
Melbourne – Die Suid-Afrikaanse gebore Jonathan Trott het Engeland Maandag ‘n tree nader aan ‘n oorwinning gebring met sy derde honderdtal in die reeks om die As.
Indien Engeland die vierde toets, wat vandag in Melbourne voortgesit word, sou wen, sou dit ‘n oorwinning in die reeks, wat oor vyf toetse gespeel word, beteken.
Die regterhandkolwer Trott se hondertal beteken dat die Engelse nou met 346 lopies voor is.
Australië is die naweek vir ‘n skamele 98 lopies uitgeboul.
Dit is die laagste lopietotaal wat die span in 133 jaar se As-toetse op Australië se bekende Melbourne-krieketgronde aangeteken het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.