Arthur oorweeg om Aussies te brei, maar ...

2011-08-23 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die voormalige Suid-Afrikaanse afrigter Mickey Arthur word beskou as die ideale breier om Australië terug op koers kry.

Die huidige Australiese afrigter Tim Nielsen het die Aussie-indaba oor krieketsake wat na hul treurmare teen Engeland aangevra is, nie oorleef nie

Nielsen mag heraansoek doen vir dié pos, maar daar word nou gesê Australië moet soos Indië en Engeland ’n afrigter van Afrika oorweeg om weer die voorste span ter wêreld te word.

Die Herald Sun berig Indië het met Gary Kirsten as afriger gedy, terwyl Engeland die nommereen-posisie by Indië onder Andy Flower oorgeneem het.

Die Aussies het nog nooit ’n buitelandse breier gehad nie.

Die 43-jarige Arthur, Suid-Afrika se suksesvolste afrigter nog, het aan Sport24 gesê daar lê inderdaad interessante tye voor, maar dat daar nog baie water in die see moet loop.

“Ek sal dwaas wees om nie na ’n opsie soos dit te kyk nie.

“My fokus is op die oomblik nog vierkant by die Wes-Australië-pos wat ek terdeë geniet.

“Ek het baie veranderinge hier gemaak wat ek graag nog wil deursien,” het Arthur gesê.

Sommige is van mening Arthur moet die pos op die interim oorweeg.

Australië se volgende toer is hoeka na Suid-Afrika en daar is niemand wat meer vertroud met die Proteas en die plaaslike toestande is nie.

Die Aussies gaan in Oktober en November twee blitswedstryde, drie eendagwedstryde en twee toetse teen Suid-Afrika speel.

Arthur is in 2005 as Suid-Afrika se afrigter aangestel. Hy het verlede jaar weens verskille tussen hom en Krieket Suid-Afrika uit die bloute bedank.

Die Proteas het onder hom die eerste keer in 40 jaar in ’n toetsreeks in Engeland geseëvier waarna hulle ook vir die eerstekeer met die Aussies in Australië in ’n toetsreeks afgereken het.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: mickey arthur  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.