Amla uit eendagreeks
2012-01-15 10:00
Oos-Londen – Die Suid-Afrikaanse staatmaker-kolwer Hashim Amla sal die res van die internasionale eendagreeks teen Sri Lanka misloop om saam met sy vrou, wat swanger is met die paartjie se eerste kind, te wees, het Krieket Suid-Afrika aangekondig.
Amla het 55 lopies aangeteken in die Proteas se vyfpaaltjie-sege oor Sri Lanka op Buffalopark. Hy het 'n honderdtal in die eerste eendagwedstryd aangeteken.
"Hashim sal gemis word. Hopelik kan ons die reeks sonder hom so gou as moontlik beklink," het AB de Villiers, Proteas-kaptein, gesê.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AFP