Amla en Kallis klim ranglys

2010-02-11 05:36
Tweets Share Share line Print

Nagpur - Suid-Afrika se Hashim Amla tel nou amptelik tussen die elite van internasionale kolwers nadat die Internasionale Krieketraad gister sy nuutste ranglyste uitgereik het.

Dié regskolwer van die Proteas het danksy sy onoorwonne 253 in Nagpur 13 plekke op die ranglys vir kolwers geklim en beklee nou vir die eerste keer in sy loopbaan ’n plek in die top-tien op dié ranglys. Hy is nr. 10 op die lys.

Jacques Kallis, wat ’n reuse-vennootskap van 340 met Amla in die eerste toets gedeel het, is beloon vir sy 173 lopies in die Proteas se beurt en het met vier plekke geklim tot nr. 4 op die lys.

Graeme Smith, kaptein en aanvangskolwer van die Proteas, het egter drie plekke geval en is nou net onder Kallis op die lys.

Dale Steyn se wedstrydontleding van 10/108 in die toets het beteken dat hy nou ’n reuse-gaping tussen hom en die res van die boulers op die ranglys bewerkstellig het.

Dié Proteas-blits is bo-aan die lys met 891 punte en die Australiër Mitchell Johnson (780) ver agter in die tweede plek.

Om Steyn se oorheersing te illustreer: daar is slegs 17 punte wat die voorste kolwer op die ranglys, Gautam Gambhir (840 punte), en Smith op nr. 5 (823) skei.

Daarteenoor is Steyn ’n allemintige 159 punte voor Graeme Swann, wat die vyfde plek op die boulrang­lys beklee.

Steyn het ook net ses punte minder as sy hoogste puntetotaal ooit op die rang­lys. Hy was op 897 ná sy uitstekende vertoning in die Ahmedabad-toets in 2008.

Paul Harris is ook beloon vir sy uitstekende boulvertoning in die Proteas se tweede beurt.

Hy het van nr. 12 tot nr. 9 op die ­ranglys geklim.

- Sport24

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Andre sê... Ek het 'n idee Michalak kan die opposisie losvoorspelers nogal besig hou. Sal graag wil sien hoe hy daar vaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer (Mining)

Pretoria
EOH Recruitment Solutions
R650000 - R750000

Executive: Trading and Relationship Management

Johannesburg, South Africa
Strategy Recruitment Marketing
Market Related

Mid Level PHP Developer

Johannesburg, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

TOYOTA

Auris 2.0 XD 5-dr
2011
R 229,000.00

PEUGEOT

307 XS 2.0 AT 5-dr MY05
2006
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.