Amla, Smith blink uit in Protea-sege
2011-11-11 12:40
Kaapstad – Die Proteas het koning gekraai in hulle eerste toets teen Australië op Nuweland in Kaapstad deur die besoekers met agt paaltjies te klop.
Die tuisspan het 'n telling van 236 gejaag ná 'n bisarre tweede dag waarin 'n totaal van 23 paaltjies geval het.
Smith (101 nie uit nie) en Amla (112) het op die derde dag sterk gestaan om Suid-Afrika uiteindelik na 'n oorwinning te lei.
Smith het die wenlopies geslaan enkele oomblikke ná hy sy honderdtal aangeteken het.
Die besoekers het na die eerste kolfbeurt 'n voorsprong van 188 lopies gehad, maar is daarna deur die Proteas teruggestuur pawiljoen toe vir 'n totaal van 47.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.