Alviro Petersen pak tasse vir Wallis
2010-11-17 12:28
Johannesburg - Die Proteas se aanvangskolwer, Alviro Petersen, is deur die Walliese graafskapspan Glamorgan gekontrakteer en sal die span ook as kaptein aanvoer.
"Ek is baie opgewonde om by Glamorgan vir die 2010/11 seisoen aan te sluit, het Petersen Dinsdag in 'n verklaring gesê.
"En ek sien uit daarna om 'n verskil te maak waar ek kan en om my krieket CV verder uit te brei," het hy gesê.
Petersen is tans kaptein van die Highveld Lions en sal dieselfde rol by Glamorgan vervul.
"Dit is vir my 'n groot eer om die kapteinsarmband te dra," het die kolwer bygevoeg.
Petersen sal waarskynklik tydens die Engelse somer beskikbaar wees aangesien hy nie by die Indiese Premierliga betrokke is nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA