Albie moker rekord-sesse
2011-05-01 23:08
Chennai (Indië) - Die Chennai Super Kings het ‘n indrukwekkende terugvegpoging van stapel gestuur om hul wedstryd teen die Deccan Chargers met 19 lopies te wen.
‘n Man-van-die-wedstryd-vertoning deur die Suid-Afrikaner Albie Morkel, wat ‘n paar enorme sesse gemoker en toe 3/38 met die bal geneem het, het ‘n groot rol in dié oorwinning gespeel.
Morkel se vinnige kolfbeurt van 19 lopies van net ses aflewerings was uiteindelik die presiese hoeveelheid lopies waarmee sy span gewen het.
Hy het twee van die grootste sesse tot nog toe in die IPL-reeks gemoker. Sy derde ses het op die stadion se dak geland en ‘n ongelooflike 114 meter ver getrek.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- Sport24