Albie kook vir Chennai Super Kings
2011-04-25 23:16
Chennai (Indië) - Die Australiese kolwer Michael Hussey het Maandag 61 lopies gemoker om die verdedigende kampioene, die Chennai Super Kings, na ‘n oorwinning met 25 lopies oor die Pune Warriors in die IPL te lei.
Die hotklou-kolwer het gesorg vir ‘n goeie fondament vir dié span se kolfbeurt. Die Warriors-boulers Jerome Taylor en Alfonso Thomas het egter tussen hulle vyf paaltjies geneem om die tuisspan tot 142/6 ná 20 boulbeurte te beperk.
Die Suid-Afrikaanse mokerman Albie Morkel is uit vir ‘n nulletjie, maar het vroeg met die bal toegeslaan saam met die draaibouler Ravichandran Ashwin om die Warriors vroeg reeds tot 40/4 te beperk. Hulle kon uiteindelik net 117/9 aanteken.
Morkel het uitstekende boulsyfers van 3/29 behaal.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AP