Albie is terug – en hy gaan vir sy plek veg

2011-12-11 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Albie Morkel is uiteindelik skeet-vry en het reeds een oog op ’n plek in die Suid-Afrikaanse groep vir die reeks van vyf kitswedstryde teen Sri Lanka.

Morkel (30) moes in Oktober weens ’n maagspierbesering onttrek word aan die Protea-groep vir die twee Twintig20-wedstryde teen Australië, wat met 1-1 gelykop geëindig het.

Dié veelsydige Pretorianer, wat Suid-Afrika reeds in ’n toets, 51 kits- en 31 Twintig20-wedstryde verteenwoordig het, is daarna boonop op die krukkelys gedwing met ’n ontsteekte blindederm.

Sy afwesigheid was ’n gevoelige slag vir die Titans in hul veldtog in die plaaslike eendagbeker-kompetisie, waarin dié span tweede laaste geëindig het nadat hy net drie van sy 10 kragmetings kon wen.

“Dit was teleurstellend om vir so lank nie te kon speel nie, maar ek het net meer as 10 dae gelede weer begin oefen en alles voel heel goed,” het Morkel vandeesweek aan Sport24 gesê.

Hy het vroeër vanjaar in onguns met Andrew Hudson en sy mede-keurders verval, kort voor die Wêreldbekertoernooi in Indië, Sri Lanka en Bangladesj.

Morkel se plek in die kolflys is deur sy Titans-spanmaat Francois du Plessis ingeneem, maar die Suid-Afrikaners is in die kwarteindronde uitgeskakel ná ’n powere kolfvertoning teen Nieu-Seeland.

Hulle het daarna boonop die kitsreeks teen die Aussies met 1-2 verloor.

Volgens Morkel behoort hy vandeesweek speelkans te kry in die Titans se SuperSport-wedstryd teen die Knights in Bloemfontein.

Dié span is tans ’n kortkop agter die Vrystaters, wat die eerste plek op die punteleer van dié meerdaagse reeks beklee.

“Natuurlik wil ek baie graag weer die nasionale span haal, maar ek besef ek sal myself eers moet bewys,” het Morkel gesê.

“Ek het darem ’n paar SuperSport-wedstryde om weer op dreef te kom – en hopelik kan ek die keurders genoeg beïndruk.”

* Die Proteas pak Sri Lanka, wat in April die knie gebuig het in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië, op 11 Januarie in die Paarl in die eerste van vyf kitswedstryde.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: albie morkel  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.