Albie glimlag weer breed

2012-01-09 07:00
Tweets Share Share line Print

Benoni – Ná ’n misrabele krieketjaar waarin hy uit die Wêreldbekergroep gelaat is, met beserings en sy spelpeil gesukkel het en sy blindederm verwyder is, kon die nuwe krieketjaar nie beter vir Albie Morkel begin het nie.

Nie net het hy die afgelope paar dae hier op Willowmoorepark met die kolf én bal geskitter vir die Titans teen die Warriors nie, maar hy is gister ook in die Suid-Afrikaanse eendaggroep ingesluit as plaasvervanger vir die beseerde Dean Elgar.

“Dit het baie vasbyt gekos,” het Morkel Sondag erken oor al die terugslae.

“Maar ek het besluit om maar net te volhard en te sien wat gebeur. Dit is wonderlik om nou weer terug in die nasionale groep te wees en jy kan maar net alles gee om die kans wat jy kry te gebruik,” het hy gesê.

Vir sy eertydse huismaat, AB de Villiers, gaan hierdie ook ’n baie spesiale reeks teen die Sri Lankane wees.

Hy voer Suid-Afrika die eerste keer aan en glo ’n opwindende era wag op SA krieket.

Hy sal ongetwyfeld sy eie stempel op die span wil afdruk en sy aggressiewe benadering en geesdrif sal ook in sy kapteinskap wys.

Sri Lanka is in eendagkrieket ’n perd van ’n ander kleur as in toetskrieket.

Daarom kan De Villiers-hulle verwag die besoekers gaan hul spiere veel meer bult in die kitsreeks van vyf wedstryde wat Woensdag in die Paarl afskop.

Die Sri Lankane gaan in die eerste plek veel meer plofkrag in hul boulaanval hê as die poeierkwas-snellers waarmee hulle in die toetse gespeel het.

Die hoofrede hiervoor is dat die mopkop met die slingeraksie, Lasith Malinga, wat plesier daaruit put om kolwers se tone te breek met sy streepballe, in die eendagspan is.

Daar kan geen twyfel wees nie dat hy die eendagbouler ter wêreld is wat kolwers die meeste vrees.

Met dié dat hy ook nie meer toetskrieket speel nie, sal hy uitgehonger wees om die Suid-Afrikaanse kolwers van sy unieke medisyne te laat proe.

Dit bly steeds een van die groot raaisels hoe hy met sy slingeraksie dit regkry om só akkuraat te wees met sy streepballe, wat hy na willekeur afstuur teen ’n hoë spoed.

Die spanne is:

Suid-Afrika (uit): AB de Villiers (k), Hashim Amla, Johan Botha, JP Duminy, Faf du Plessis, Albie Morkel, Jacques Kallis, Rory Kleinveldt, Morné Morkel, Wayne Parnell, Robin Peterson, Graeme Smith, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe.

Sri Lanka (uit): Tillakaratne Dilshan (k), Angelo Mathews, Upul Tharanga, Kumar Sangakkara, Mahela Jayawardene, Dinesh Chandimal, Kosala Kulasekara, Thisara Perera, Lasith Malinga, Nuwan Kulasekara, Ajantha Mendis, Rangana Herath, Dhammika Prasad, Dilhara Fernando, Lahiru Thirimanne.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: albie morkel  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.