Aikôna, sê Mickey oor mediajag op Ricky

2011-12-14 13:30
Tweets Share Share line Print

HOBART. – Die Australiese krieketspan is gister deur dié land se media behoorlik oor die kole gehaal ná sy “vernederende” nederlaag met 7 lopies teen Nieu-Seeland.

“Lowest of the Low,” het die Sydney Daily Telegraph se opskrif oor die tweede toets uitbasuin.

Nieu-Seeland het Maandag sy eerste toetsoorwinning in 26 jaar op Australiese bodem behaal ná ’n dramatiese kolfineenstorting hier deur die Aussies in hul tweede beurt.

Dit word deur sommige kenners selfs as Australië se vernederendste nederlaag in die geskiedenis van toetskrieket beskou.

Die Sydney Morning Herald het gefokus op die eens magtige Aussies se swak spelpeil.

“Hulle was die konings van wêreldkrieket, maar Australië het nie meer die vermoë om Nieu-Seeland (agtste op die wêreldranglys) te klop nie.”

Veral die kolwers is erg gekritiseer nadat hulle ’n gunstige wedstrydsituasie op die vierde dag ongedaan gemaak het.

Michael Clarke en Michael Hussey is albei vir nulletjies uitgehaal en Ricky Ponting, wat onder reuse-druk verkeer om sy plek in die span te behou, kon slegs 16 lopies aanteken.

“Dis hartseer en dit raak nou belaglik,” het Robert Craddock in die Telegraph oor die stand van Aussie-krieket geskryf.

“As die nuwe voorsitter van die keurders, John Inverarity, nie dapper genoeg is om Ponting se loopbaan te beëindig nie, moet hy self bedank..”

Die aanvangskolwer Phil Hughes­ se kop word ook geëis nadat hy slegs 24 lopies in twee kolfbeurte kon aanteken.

Die nuwe Australiese afrigter, Mickey Arthur, wat Suid-Afrika met groot sukses teen die einste Aussies afgerig het, het vir sy spelers in die bres getree.

Arthur het sy steun aan Ponting en Hussey toegesê en glo hulle moet hul plek in die span behou vir die eerste toets teen Indië wat tussen Kersfees en Nuwejaar in Melbourne beslis word.

Volgens Arthur is daar geen planne om Ponting en Hussey se uittrede uit internasionale krieket te “bestuur” nie.

Hoewel Ponting en Hussey ’n erge lopiedroogte beleef, het Arthur gesê hul ervaring is van kardinale belang in die oorgang van die Australiese span.

“Hulle het nog groot rolle om te speel, want ons kort ervaring in ons middelorde.”

Die prentjie lyk egter nie baie rooskleurig vir Hughes nie. 

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Sapa - AP

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.