Afridi speel vir Australië
2009-10-28 09:44
Adelaide – Shahid Afridi, die aggressiewe maar veelsydige Pakistanse speler, het ‘n kontrak met Suid-Australië in die plaaslike Twintig20 toernooi geteken.
Die Suid-Australiese Krieketvereniging het Dinsdag aangekondig dat Afridi, wie speler van die toernooi tydens die inwyding van die Twintig20-wêreldbeker in 2007 was, gaan Ajantha Mendis, die Sri Lankaanse draaibouler, as die Redbacks se nuweling vervang.
Daar is berig dat Nieu-Suid Wallis, wie die inwyding van die T20-Kampioenskappe vroeër hierdie week gewen het, Afridi in hul visier het. Nieu-Suid Wallis het Australië se ander mededinger, Victoria, in die semi-finaal van die toernooi gewen.
Afridi, wie Pakistan se T20 wêreldkampioenspan teen Nieu-Seeland later hierdie maand gaan lei, sluit aan by ‘n lys van hoë profiel buitelandse nuwelinge in die Australiese toernooi.
Chris Gayle en Dwayne Bravo het vir Wes-Australië geteken, asook die Victoriaan en Sri Lankaan, Lasith Malinga het by Tasmanië aangesluit vir die kompetisie.
Suid-Australië open die T20 toernooi in Australië op 29 Desember met wedstryde tuis op 3, 7 en 12 Januarie.
- AP