Afridi raadop oor vrot veldwerk

2010-09-14 07:52
Tweets Share Share line Print

Leeds. – Die Pakistanse krieketkaptein, Shahid Afridi, het ná nog ’n nederlaag teen Engeland gepleit dat die verwysingstelsel dringend in eendagkrieket ook gebruik moet word.

Hy het egter sy kwaaiste woorde vir sy spanmaat Mohammad Irfan gehou.

Engeland het eergister hier die tweede kitswedstryd met 4 paaltjies gewen, maar dit het klippe kou gekos en die wenlopies is slegs met 3 balle oor behaal.

Die uitslag kon veel anders gewees het. Die hemelbesem-naatbouler Irfan het die Engelse kaptein, Andrew Strauss, ’n lewe op 23 gegun toe hy hom op kort skerpby laat val het. Strauss het eindelik 126 lopies geslaan in Engeland se 295/6. Dit was in antwoord op Pakistan se 294/8.

Dit het ook gelyk of Strauss nog ’n kans op 38 gekry het toe die Pakistanse paaltjiewagter, Kamran Akmal, geduik het om die bal met een uitgestrekte hand op te raap. Die Windies-skeidsregter Billy Doctrove het beslis dat hy nie uit was nie.

Die verwysingstelsel word net in toetse gebruik en die woedende Pakistani’s kon dus nie die beslissing na die TV-skeidsregter verwys nie.

Afridi het ná die wedstryd gesê dis nou tyd om die stelsel in kitsstryde ook te gebruik. “Ek weet daar is nie genoeg tyd in ’n twintig20-wedstryd om dit in te span nie, maar dit is nie ’n probleem in eendagkrieket nie.”

Strauss het gesê hy is nie seker of die bal wel sy handskoen getref het nie.

Dit was egter Pakistan se gebruiklike swak veldwerk wat Afridi raadop gehad het. “Ek is baie teleurgesteld in hom (Irfan). Krieket gaan deesdae nie net oor kolf- en boulwerk nie. Veldwerk is baie belangrik.”

Pakistan, wat met 0-2 agter is in die reeks, het Engeland darem vir ’n verandering laat sweet vir dié sege. Kamran Akmal het 74 lopies gemoker, terwyl Asad Shafiq sy eerste vyftigtal in kitskrieket aangeteken het.

“Ek voel goed. Die ouens het hard probeer om die wedstryd te wen. Ons het drie wedstryde oor in die reeks en gaan beslis een van hulle wen,” het die nuwe kaptein gesê.

Pakistan se toer in Engeland is oorskadu deur die knoeiskandaal. Daar word beweer van die Pakistanse boulers het doelbewus foutballe afgestuur nadat beroepswedders hulle betaal het. Die toetskaptein, Salman Butt, en die boulers Mohammad Asif en Mohammad Aamer is geskors.

Die volgende stryd is Vrydag op die Oval. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.


- Sapa - AFP

Lees meer oor: pakistan  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.