Afridi duurste in nuwe blitsreeks
2012-01-20 07:06
Dhaka. – Die Pakistanse krieketspeler Shahid Afridi het Donderdag op die veiling vir die heel eerste Bangladesjiese Premierliga (BPL) die hoogste prys gehaal.
Dié reeks is Bangladesj se weergawe van die skatryk Indiese Premierliga. Afridi is vir $700 000 opgeveil.
Ál ses spanne in dié nuwe t20-reeks het in hom belanggestel, en die Dhaka Gladiators het eindelik die vetste beursie gehad.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AFP