Afridi T20-kaptein
2009-07-29 08:58
Islamabad – Die veelsydige Shahid Afridi is aangwys as Pakistan se kaptein vir volgende maand se Twintig20-wêreldtoernooi teen Sri Lanka.
Afridi sal Younis Khan vervang wat uitgetree het van dié formaat van krieket.
Die 29-jarige het ‘n belangrike rol gespeel in Pakistan se sukses in Engeland toe hy 54 lopies van net 52 balle gemoker het. Pakistan het Sri Lanka in die finaal geklop.
Hy het 23 Twintig20-wedstryde gespeel en 371 lopies met ‘n gemiddeld van 19,52.
Pakistan sal op 12 Augustus hul eerste Twintig20-wedstryd teen Sri Lanka speel.
Sapa-AP