Abbott sluit aan by Proteas
2013-02-19 10:43
Johannesburg – Krieket Suid-Afrika (KSA) het Kyle Abbott van die Dolphins as plaasvervanger vir die beseerde snelbouler Morné Morkel genoem vir die Proteas se derde en laaste toets teen Pakistan.
Rory Kleinveldt sal Morkel in die beginspan vervang.
"Ons het Lonwabo Tsotsobe oorweeg, maar ongelukkig herstel hy steeds van 'n enkelbesering," het die nasionale krieketkeurder, Andrew Hudson, Dinsdag gesê.
"Kyle het regtig baie goed gespeel in vanjaar se Sunfoil-reeks. Hy spog met boulsyfers van 12/96 teen die Cobras en het ook die meeste paaltjies (49) in die reeks geneem," het Hudson bygevoeg.
Die derde toets begin Vrydag in Centurion.
Proteas se toetsgroep:
Graeme Smith (Nashua Mobile Cape Cobras, kaptein), Kyle Abbott (Sunfoil Dolphins), Hashim Amla (Sunfoil Dolphins), AB de Villiers (Nashua Titans), Faf du Plessis (Nashua Titans), Dean Elgar (Chevrolet Knights), Jacques Kallis (Nashua Mobile Cape Cobras), Rory Kleinveldt (Nashua Mobile Cape Cobras), Alviro Petersen (bizhub Highveld Lions), Robin Peterson (Nashua Mobile Cape Cobras), Vernon Philander (Nashua Mobile Cape Cobras), Jacques Rudolph (Nashua Titans), Dale Steyn (Nashua Mobile Cape Cobras).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA