AB glo daar’s ’n vars briesie

2012-01-13 06:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die Proteas gaan nie nou ná een oorwinning meegevoer raak nie.

AB de Villiers, die nuwe Suid-Afrikaanse eendagkaptein, het gesê dit maak nie saak hoe voortreflik hul oorwinning in die eerste krieketwedstryd in die Paarl was nie, die spelers besef dit is net één vertoning.

“Ek het die spel nou al lank genoeg gespeel om te weet dat jy nie opgewonde moet raak oor een vertoning nie.

Dit was ’n fantastiese span-vertoning (Woensdag teen Sri Lanka) en ek is opgewonde daaroor, maar dit bly steeds net een vertoning,” het De Villiers ná die wedstryd in die Paarl gesê.

Die volgende wedstryd in die reeks van vyf word Saterdag in Oos-Londen gespeel.

Die Proteas het Sri Lanka met ’n allemintige 258 lopies geklop, nadat die besoekers vir net 43 uitgeboul is.

Suid-Afrika was egter die laaste jaar of wat verskriklik wisselvallig – en dit sal nie die eerste keer wees nie dat hulle ’n briljante vertoning met ’n vrot een opvolg.

Tillakaratne Dilshan, die Sri Lankaanse kaptein, het juis gesê die manier waarop sy span die tweede toets in Durban gewen het ná die hengse pak slae in die eerste toets in Centurion sal sy spelers aanmoedig.

“Dit is beslis iets wat ons sal gebruik om ons te motiveer.

“Ons is ’n baie wisselvallige span, maar ons het gewys dat ons swak vertonings met goeies kan opvolg,” het Dilshan gesê.

De Villiers meen ’n mens moenie toets- met eendagkrieket vergelyk nie.

Sri Lanka sal met rasse skrede moet verbeter as hy die Proteas in die res van die reeks wil pla.

Die kolwers het glad nie opgewasse gelyk nie en die Proteas, veral Morné Morkel se kort aflewerings, was een te veel vir hulle.

Morkel het dié seisoen stadig begin, maar hy boul weer soos van ouds.

Dié hemelbesem het goed geboul in die laaste toets op Nuweland sonder veel sukses, maar hy was eergister op ’n mak blad amper onspeelbaar.

Die naatboul-aanval van Morkel, Lonwabo Tsotsobe en Dale Steyn lyk baie gedug en behoort vir ’n paar jaar die basis van die Protea-aanval te vorm.

Die kolflys lyk ook meer standvastig met Hashim Amla, Jacques Kallis en De Villiers wat in enige span in wêreldkrieket sal kan instap.

Die één groot bekommernis bly die spelpeil van die aanvangskolwer Graeme Smith.

Hy kolf deesdae met bitter min selfvertroue en die keurders sal binnekort ’n besluit moet neem of Smith die langtermyn-opsie vir die eendagspan is.

Sy rekord in toetskrieket was nog altyd beter as in kitskrieket en ’n mens kan dit regtig sien as jy hom met sy aanvangsmaat, Hashim Amla, vergelyk.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.