AB gee t20-leisels oor
2013-02-20 14:31
Johannesburg – Krieket Suid-Afrika (KSA) het Woensdag bevestig dat Faf du Plessis die Proteas aanstaande maand in die t20-reeks teen Pakistan sal lei, nadat AB de Villiers gevra het om van sy rol onthef te word.
Dit beteken dat Suid-Afrika 'n ander kaptein vir elk van die drie formate van die spel sal hê met De Villiers wat steeds kaptein van die eendagspan is.
Die snelbouler Morné Morkel behoort betyds van sy dyspierbesering te herstel om beskikbaar te wees vir die eendagwedstryde, maar hy word deur die nuweling Kyle Abbott vir die t20-reeks vervang.
"Ons gaan weer vir Jacques Kallis 'n ruskans van die t20- én eendagwedstryde gee terwyl Hashim Amla gevra het om 'n breuk te kry van die t20-reeks. As mens in gedagte hou van watse waarde hy in die twee ander formate is, het ons nie 'n probleem daarmee nie," het die Proteas se afrigter, Gary Kirsten, gesê.
"Dale Steyn kry ook ruskans en is nie in die t20-groep opgeneem nie," het Kirsten bygevoeg.
Proteas se eendag-groep:
AB de Villiers (Nashua Titans, capt), Hashim Amla (Sunfoil Dolphins), Farhaan Behardien (Nashua Titans), Faf du Plessis (Nashua Titans), Colin Ingram (Chevrolet Warriors), Rory Kleinveldt (Nashua Mobile Cape Cobras), Ryan McLaren (Chevrolet Knights), David Miller (Sunfoil Dolphins), Morne Morkel (Nashua Titans), Robin Peterson (Nashua Mobile Cape Cobras), Aaron Phangiso (bizhub Highveld Lions), Graeme Smith (Nashua Mobile Cape Cobras), Dale Steyn (Nashua Mobile Cape Cobras), Lonwabo Tsotsobe (Sunfoil Dolphins).
Proteas se t20-groep:
Faf du Plessis (Nashua Titans, capt), Kyle Abbott (Sunfoil Dolphins), Farhaan Behardien (Nashua Titans), Henry Davids (Nashua Titans), Quinton de Kock (bizhub Highveld Lions), AB de Villiers (Nashua Titans), Rory Kleinveldt (Nashua Mobile Cape Cobras), Ryan McLaren (Chevrolet Knights), David Miller (Sunfoil Dolphins), Chris Morris (bizhub Highveld Lions), Justin Ontong (Nashua Mobile Cape Cobras), Robbie Peterson (Nashua Mobile Cape Cobras), Aaron Phangiso (bizhub Highveld Lions), Lonwabo Tsotsobe (Sunfoil Dolphins).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24