AB beste kolwer ter wêreld
2010-08-30 13:00
Johannesburg – AB de Villiers se uitstekende spel tydens die afgelope seisoen het hom ‘n toekenning verseker nadat hy vier honderdtalle in eendag-westryde aangeteken het, insluitende drie honderdtalle in agtereenlopende wedstryde tussen Indië en Wes-Indië.
Hy is nou die top-kolwer in die wêreld op die Reliance Mobile ICC ODI-ranglys.
De Villiers is ook die enigste speler met meer as 800 ranglyspunte.
Volgens De Villiers sê hy is trots op die toekenning.
“Ek sal graag my toetsranglys wil verbeter. Twee jaar gelede het ek gesê ek wil die beste kolwer in die wêreld wees en dis goed om te sien dat ek die resultate begin kry,” het hy gesê.
De Villiers is tans buite aksie as gevolg van ‘n enkeloperasie.
“Ek kan nie wag om weer my krieketkolf op te tel nie.”
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA