AB: Hier kom ’n ding

2011-11-06 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – As Aussie se kind dink hy gaan op die toetsveld te doen kry met dieselfde Suid-Afrikaanse span wat pas teleurgestel het in die eendagreeks, maak hy ’n gróót fout, waarsku AB de Villiers.

Want hoewel die tuisspan begin vanjaar laas in dié weergawe van die spel te sien was, het Gary Kirsten “geen steen onaangeroer gelaat nie” in sy voorbereiding vir dié reeks teen Australië wat Woensdag op Nuweland in Kaapstad begin.

De Villiers, Suid-Afrika se nuwe toets-onderkaptein, het die afgelope week aan Sport24 gesê die Proteas het reeds hul “kaarte netjies agtermekaar”.

“Gary is fantasties en ek en hy het tydens die afgelope Twintig20- en eendagreekse lekker koppe bymekaargesit oor die toetse,” het De Villiers gesê.

“Omdat ek nie gespeel het nie, kon ons ’n hele paar idees uitruil oor hoe om te werk te gaan.”

Dié 27-jarige kolf-ster het pas teruggekeer van die handbesering wat hom die afgelope maand lank op die krukkelys gehou – en toegesien het dat hy sy eerste kans om die nasionale Twintig20- en eendagspanne aan te voer, moes prysgee.

“Dit was nogal erg frustrerend om op die kantlyn te sit in dié reeks, maar dit was nie noodwendig ’n slegte ding nie. Selfs al het ons nie een van die reekse gewen nie, was ek beïndruk met hoe die ouens gevaar het.”

Boonop is die toetsspan ’n heel ander vooruitsig, het De Villiers gewaarsku.

“Daar is ’n uitstekende atmosfeer in die span en ’n paar nuwe ouens, soos Jacques (Rudolph) en Imran (Tahir), het by ons aangesluit. Dis ’n opwindende tyd wat vir ons voorlê en ek sien veral uit daarna om te kyk hoe die nuwelinge vaar.”

De Villiers speel vandag in Benoni vir die Titans in die plaaslike Eendagbeker-reeks teen die Knights.

“Die hand voel heel goed en die spesialis is tevrede met my vordering. As ek sonder enige probleme deur dié wedstryd kom, is daar geen rede waarom ek nie reg sal wees vir die eerste toets nie.”

En hy is nie te bekommerd oor die feit dat hy lanklaas voor die penne was nie.

Sy breë kolf is behoorlik gemis in die eerste vyf wedstryde teen die Aussies, waarin die tuisspan se kolwers (met die uitsondering van die immergroen Jacques Kallis) gesukkel het om die mas op te kom.

“Ek voel goed in die oefennette en daar sal beslis niks skort met my selfvertroue nie. Ek gaan ook nie te veel onnodige druk sit op myself om dadelik lopies aan te teken nie, want dis maar hoe krieket werk – die een dag is jy onstuitbaar en die volgende dag is jy weer vroeg uit.”

Tog is hy én sy spanmaats deeglik bewus daarvan dat die Proteas vinnig uit die wegspringblokke moet wees – veral aangesien die verkorte reeks “in ’n oogwink verby is”.

“Dis baie jammer dat ons net twee toetse speel, want selfs drie of vier toetse is nie werklik genoeg om jouself behoorlik te toets teen die Aussies nie.

“Teen hulle vat dit tyd om bo uit te kom, maar ons besef dat ons dit dié keer nie kan bekostig om agter te raak nie. Die reeks kan reeds in die eerste skof van die eerste toets beslis word – die span wat dít wen gaan die pas aangee en kan moeilik ingehaal word.”

 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.