10 uit 10!

2011-12-18 08:11
Tweets Share Share line Print

Centurion – Bel die Verenigde Nasies, Dokters Sonder Grense en Amnestie Internasionaal – want wat Vernon Philander en sy tien Protea-spanmaats Saterdag hier aan die Sri Lankaanse krieketspan gedoen het, grens aan die onmenslike.

Nóg ’n vyftal van paaltjies – die vierde van dié Kaapse naatbouler se kort toetsloopbaan – het die besoekers vir net 150 in hul tweede beurt help stoomroller en aan die Suid-Afrikaners ’n sege met ’n beurt en 81 lopies besorg.

Dít in twee-en-’n-bietjie dae.

As Philander met 5/53 in Sri Lanka se ewe patetiese eerste beurt van 180 ’n verskrikking was, was sy 5/49 Saterdag selfs meer vreesaanjaend.

Hy het nou reeds ’n verstommende 24 slagoffers geëis in net sy eerste drie toetse.

Hy het Saterdag net die 16de Suid-Afrikaanse bouler geword wat tien paaltjies in dieselfde toets kon laat kantel.

En hy het wéér sy veel meer geroemde snelvennote – Dale Steyn, Morné Morkel en Jacques Kallis – oorskadu.

Vroeër het Mark Boucher (65 lopies, 101 balle, 10x4) en Imran Tahir (29*, 33 b, 5x4) die Suid-Afrikaners se oornagtelling met 22 lopies laat vorder na 411, om aan die Sri Lankane ’n yslike agterstand van 231 te besorg.

Philander het daarna in net sy tweede boulbeurt toegeslaan deur hul kaptein, Tillakaratne Dilshan (6, 9 b, 1x4) agter die paaltjies deur Boucher te laat uitvang – die eerste van ses vangkanse vir die Protea-paaltjiewagter.

Nadat Steyn (2/36) vir Tharanga Paranavitana (4, 21 b, 1x4) laat terugstap het, was dié Ravensmead-boorling weer aan die beurt – dié keer met die gesogte paaltjie van Kumar Sangakkara (2, 8 b).

Mahela Jayawardene (15, 31 b, 3x4) is oomblikke later op skitterende wyse deur Kallis uitgeloop om die besoekers op 37/4 te laat steier, voordat Thilan Samaraweera (32, 54 b, 6x4) en Angelo Mathews (5, 17 b, 1x4) 29 lopies om die vyfde paaltjie behaal het.

Dié verweer is kort ná die middagete ook deur die Philander-Boucher-kombinasie kortgeknip, waarna Morkel (1/36) vir die eerste keer in dié kragmeting toegeslaan het.

Met die telling op 70/6 (en die laaste sweempie trots lankal reeds begrawe) het die Sri Lankaanse kolfstert vrypas gehad om die langsteel in te lê – maar ’n paar swierige sesse het bloot die onvermydelike uitgestel.

Steyn het vir Thisara Perera (21, 27 b, 1x4, 1x6) onskadelik gestel en Tahir het Kaushal Silva (17, 45 b, 1x4) se einde beteken, voordat Philander die uitklophou geplant het met die paaltjies van Chanaka Welegedara (10, 8 b, 1x4, 1x6) en Rangana Herath (23, 18 b, 2x4, 2x6). 

- Rapport

Lees meer oor: krieket  |  proteas  |  sri lanka

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.