10 000 lopies vir Jaywardene
2011-12-26 12:36
Durban – Sri Lanka se Mahela Jayawardene het Maandag sy 10 000ste lopie aangeteken tydens sy span se tweede toets teen Suid-Afrika by Kingsmead in Durban.
Jaywardene het met die aanvang van spel Maandag slegs een lopie nodig gehad om dié mylpaal te bereik.
Dié Sri Lankaanse kolwer, wat in sy 127ste toets gespeel het, is die negende kolwer om 10 000 toetslopies aan te teken, en is nou een van 'n baie klein groepie kolwers wat 10 000 lopies in beide toets- en eendagkrieket aangeteken het.
Sachin Tendulkar, Rahul Dravid, Ricky Ponting, Jacques Kallis en Brian Lara is die enigste ander spelers wat al in beide toets- en eendagkrieket 10 000 lopies aangeteken het.
Die telling in die toets tussen Sri Lanka en die Proteas was teen die maddagpouse 112/3. 'n Regstreekse telbord vir die wedstryd is op Nuus24 se tuisblad beskikbaar.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA