Uitspraak voorbehou in Div-saak
2010-08-06 13:57
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Kaapstad - Uitspraak is Vrydag voorbehou in die verhoor van die Springbok-breier Peter de Villiers, nadat die afrigter sy omstrede uitlatings voor 'n tugkomitee in Kaapstad moes verduidelik.
De Villiers is van wanbestuur aangekla nadat hy die integriteit van skeidsregters op 21 Julie in die program Rugby Club op Fox Sports
in Australië bevraagteken het, met ’n uitlating dat hulle die All Blacks in
die Springbokke se onlangse Drienasies-toetse bevoordeel het om
belangstelling in volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland
te wek.
Hy het vanoggend voor die regsbeampte, Jannie Lubbe, by Saru se kantore in Kaapstad verskyn.
Lubbe het uitspraak kort na 12:00 voorbehou.
Volgens Sanzar sal 'n verklaring die naweek uitgereik word en die uitspraak van die tugverhoor sal vroeg aanstaande week aangekondig word.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24