Só lyk All Blacks vir stryd in PE
2011-08-18 10:35
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Port Elizabeth - Die All Blacks het hul span aangekondig wat Saterdag in die Drienasies-toets teen die Springbokke in Port Elizabeth uitdraf.
Die haker Keven Mealamu sal vir die tweede keer in sy loopbaan die kapteinsarmband dra nadat hy die Kiwi's ook in November 2008 teen Skotland aangevoer het.
Colin Slade draf uit op losskakel met Jimmy Cowan wat die nr. 9-trui oor sy kop trek.
Richard Kahui en Sonny Bill Williams is die All Blacks se senterpaar.
Dié naweek se toets is 'n mylpaal vir drie All Black-strydrosse.
Mealamu speel in sy 85ste toets, die stut Tony Woodcock maak sy 75ste verskyning in 'n All Black-trui en Ali Williams, die slot, draf in sy 65ste wedstryd vir Nieu-Seeland uit.
"Ons weet ons gaan teen 'n gekweste Springbok-span te staan kom en is dus reg vir 'n fisieke stryd," het die breier Graham Henry tydens Donderdag se spanaankondiging gesê.
Die All Blacks en Springbokke het mekaar in 82 toetse gepak met die Kiwi's wat 46 wedstryde gewen het en die Bokke wat 33 keer die septer kon swaai. Drie uitslae was gelykop.
Nieu-Seeland het vier keer teen die Springbokke in Port Elizabeth gespeel (1928, 1949, 1960 en 1970) met Suid-Afrika wat elk van die vier toetse gewen het.
Suid-Afrika:
15 Pat Lambie, 14 JP Pietersen, 13 Jaque Fourie, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Morne Steyn, 9 Fourie du Preez, 8 Pierre Spies, 7 Willem Alberts, 6 Heinrich Brüssow, 5 Victor Matfield (kaptein), 4 Bakkies Botha, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Gurthro Steenkamp
Plaasvervangers: 16 John Smit, Tendai Mtawarira, CJ van der Linde, Danie Rossouw, Ashley Johnson, Francois Hougaard, Butch James
Nieu-Seeland:
15 Israel Dagg, 14 Isaia Toeava, 13 Richard Kahui, 12 Sonny Bill Williams, 11 Hosea Gear, 10 Colin Slade, 9 Jimmy Cowan, 8 Liam Messam, 7 Adam Thomson, 6 Jerome Kaino, 5 Ali Williams, 4 Samuel Whitelock, 3 John Afoa, 2 Keven Mealamu (kaptein), 1 Tony Woodcock
Plaasvervangers: 16 Andrew Hore, 17 Ben Franks, 18 Jarrad Hoeata, 19 Victor Vito, 20 Andy Ellis, 21 Piri Weepu, 22 Cory Jane
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24