Saak teen Div laat vaar
2010-08-10 08:42
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Kaapstad – ‘n Klag van wangedrag teen die Springbok-afrigter Peter de Villiers is deur SANZAR se regsbeampte, Jannie Lubbe, SC, verwerp.
Die klag het verband gehou met opmerkings wat De Villiers op 21 Julie 2010 op Australië se Fox Sports Rugby Club-program gemaak het.
Lubbe het die saak op Vrydag 6 Augustus 2010 aangehoor.
Nadat hy die bewyse oorweeg het, het hy beslis dat die afrigter nie die SANZAR-gedragskode oortree het nie.
Lubbe het gesê dat De Villiers nooit tydens sy onderhoud met Fox Sports na skeidsregters of wedstrydknoeiery verwys het nie.
SANZAR sal geen verdere kommentaar oor die kwessie lewer nou dat die regsaak afgehandel is nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.