Drienasies

Pocock-hulle skielik nie meer so in kollig

2010-09-01 10:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein - Die Springbokke kan ook aanpas.

Én die rugbyspan het dit reeds gedoen sonder dat ’n haan daarna gekraai het.

Peter de Villiers, Bok-breier, se span is vroeër vanjaar in die Drienasies-reeks gekritiseer omdat hy skielik ná ’n suksesvolle Super14-reeks vir Suid-Afrikaanse spanne by die afbreekpunte kleigetrap het.

In verlede Saterdag se sege van 44-31 oor Australië in Pretoria was daar byna geen teken van die Wallaby-flank David Pocock se balstelery nie.

Daarom behoort dit ook nie Saterdag hier op Vodacompark teen die Aussies ’n probleem te wees nie.

Die All Blacks en Wallabies was in die Bokke se wegwedstryde baas op die grond en daar is gewonder waarom hulle nie op internasionale vlak by die nuwe toepassing van die reëls kon aanpas nie.

Pocock en die Kiwi-flank Richie McCaw het soos die Bokke se beseerde Heinrich Brüssow besit omgekeer wat hul teenstanders raadop gehad het.

Baie mense het toe gemeen dat die Bokke nie sonder Brüssow weer op die grond sal kan meeding nie. ’n Fikse Brüssow hoort beslis in die Bok-kamp, maar tog lyk dit of die Bokke se teenstanders nie meer soveel in dié afdeling oorheers nie.

Of die terugkeer van die flank Juan Smith vir die tuistoetse die deurslag gegee het, kan ’n mens maar net wonder.

Smith speel weer ’n barshou en sy gevestigde kombinasie met die agtsteman Pierre Spies en flank Schalk Burger is dalk net genoeg om teenstanders te ontsenu.

Tog meen De Villiers sy span is nou beter toegerus vir die stryd op die grond.

“Ek dink ons het oorsee aan die begin van die Drienasies gesukkel om aan te pas by die manier waarop die reëls by die afbreekpunte toegepas is.

“Dit was heeltemal verskillend as waaraan ons in die Super14-reeks gewoond was en ons het ’n tydjie gevat om daarby aan te pas. Noudat ons aangepas het, gaan dit beter,” sê hy.

Hoewel die Bokke in Pretoria veral in die lynstane goed vertoon het, is die afbreekpunte volgens die slot Victor Matfield die afdeling waar hy en sy spanmaats die meeste verbeter het.

Hy meen dit het ’n groot bydrae in die Bokke se eerste Drienasies-sege van 2010 op Loftus Versfeld gehad.

“Die lynstane was in Pretoria baie beter, maar ek was veral beïndruk met hoe goed ons by die afbreekpunte gedoen het.”

Matfield meen dié verbetering kan aan ’n spanpoging toegeskryf word.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Dante sê... Hi Neil, hou jy my dop? Wat is jou storie. Ek praat juis van hulle twee, want hulle twee is die twee swakste spelers in jul agterlyn. Wie wou jy hê moes ek sê? Julle het mos baie diepte daar, sê jy vir my wie jy sou kies! Mag ek nie sê hulle is swak nie omdat hulle nie wit is nie? Ek dink Stegmann is ook swak, is dit ok met jou? Word groot man. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.