Drienasies

Oud-Bok se aandele styg by Aussies

2010-09-01 08:56
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Durban - Die voormalige Springbok-losskakel Braam van Straaten kan die Wallabies straks tot aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi as skopafrigter bystaan.

Van Straaten het die Australiese rugbyspan se stelskoppers verlede week voor die Drienasies-toets teen die Springbokke op Loftus Versfeld help skaaf.

Hy het hom gister weer in Umhlanga by die span aangesluit en sal tot môre met die skoppers werk. Daar is nou belangstelling om hom op lang termyn met die slyp van die span te betrek.

Volgens Van Straaten het die geleentheid ontstaan nadat hy self die inisiatief geneem het om deur ’n tussenganger met die Wallabies kontak te maak. “Ek en Pat Howard (’n voormalige Wallaby-senter) is redelik goeie vriende en het deur hom die kontak gemaak om te sê dat ek hulle graag sal wil help.”

Van Straaten het toe op die Wallaby-breier, Robbie Deans, se uitnodiging met Berrick Barnes, Quade Cooper, Kurtley Beale, Anthony Faingaa en Matt Giteau gewerk.

“Ek het baie goeie terugvoering ontvang. Die skoppers het in die drie dae wat ek met hulle gewerk het, baie verbeter,” het Van Straaten gesê.

Hy het ook bevestig dat die Aussies belangstel om tot ná volgende jaar se WB-toernooi in Nieu-Seeland van sy dienste gebruik te maak.

Sy volgende stap ná die Drienasies-reeks sal wees om ander aspekte van die Aussies se skopwerk te verfyn.

“Ons het tot dusver nog net aan die skopwerk pale toe gewerk, maar Robbie Deans wil hê ek moet in Oktober vir 10 dae Sydney toe kom sodat ons ook aan die skoppe uit die hand aandag kan skenk,” het Van Straaten gesê.

Die voormalige puntemasjien is nou nog vyfde op die lys van voorste puntemakers in Bok-rugby.

Hy bedryf saam met Louis Koen ’n skop-akademie en beskou dit nie as ’n etiese probleem om die Aussies by te staan nie.

“Dit is ’n professionele stap. Dis nie elke dag dat jy die kans kry om met ’n internasionale span te werk nie. Dis ’n kans om my intellektuele kapitaal te deel en ook daarvoor vergoed te word,” het hy gesê.

“Eddie Jones het sy betrokkenheid by die Springbokke in dieselfde lig gesien.

“Ek sal altyd beskikbaar wees om die Bokke te help indien dit verlang word. Ek wil die kans met Australië met albei hande aangryp.”

Van Straaten sê sy agtergrond in die onderwys maak dit vir hom maklik om sy kennis oor te dra.

“Wat ek in 35 jaar oor skopwerk geleer het, kan ek vir enigiemand in 5 dae leer.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Rudel sê... Sadie het geweet waar sy heil le,wie sal nie vir die Bulle wil speel nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

HONDA

Civic 1.8 LXi AT
2010
R 174,950.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.