'Nuwe Wallabies het geen vrees vir All Blacks'
2011-08-04 12:10
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Wellington – Die All Black-hulpafrigter, Steve Hansen, sê die Wallabies vrees nie meer die All Blacks nie en het ook geen respek meer vir hul Kiwi-opponente nie.
Maar Hansen het bygevoeg dat dit nie die Nieu-Seelanders se motivering sal wees wanneer die twee spanne mekaar Saterdag in die Drienasies-toets in Auckland pak nie.
Australië meen die kanse is goed dat die talentvolle, jong Wallaby-span die All Blacks vir die eerste keer in elf jaar op Eden Park kan klop.
Die Australiese keurder David Nucifora het gesê omdat die huidige Wallabies jonk is word hulle nie deur die twee spanne se rugbygeskiedenis geaffekteer nie.
Nucifore het gesê jong spelers is eerder opgewonde as afgeskrik oor die uitdaging om teen die All Blacks te speel.
All Blacks:
15 Mils Muliaina, 14 Sitiveni Sivivatu, 13 Conrad Smith, 12 Ma'a Nonu, 11 Hosea Gear, 10 Dan Carter, 9 Piri Weepu; 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Jerome Kaino, 5 Ali Williams, 4 Brad Thorn, 3 Owen Franks, 2 Keven Mealamu, 1 Wyatt Crockett
Plaasvervangers: 16 Andrew Hore, 17 Ben Franks, 18 Sam Whitelock, 19 Adam Thomson, 20 Andy Ellis, 21 Colin Slade, 22 Sonny Bill Williams
Australië:
15 Kurtley Beale, 14 James O'Connor, 13 Adam Ashley-Cooper, 12 Pat McCabe, 11 Digby Ioane, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia, 8 Ben McCalman, 7 David Pocock, 6 Rocky Elsom (kaptein), 5 James Horwill, 4 Rob Simmons, 3 Ben Alexander, 2 Stephen Moore, 1 Sekope Kepu
Plaasvervangers: 16 Saia Faingaa, 17 Pek Cowan, 18 Dan Vickerman, 19 Scott Higginbotham, 20 Luke Burgess, 21 Anthony Faingaa, 22 Lachie Turner
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24