McCaw probeer positief bly
2010-06-04 10:22
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Wellington – Kaptein Richie McCaw sê hulle sal die druk moet ignoreer en daarop konsentreer om die Kiwi's se seisoen positief te eindig.
Die All Blacks speel Saterdag teen die Wallabies.
Tot dusver die jaar het die Nieu-Seelanders vier keer gewen en vier keer verloor.
Hulle loop die gevaar om die rekord te stel vir die eerste All Black-span wat drie agtereenvolgende wedstryde op eie bodem verloor het.
“Jy kan nie dat dit jou onderkry nie.
“Jy moet glo in wat jy doen,” het McCaw gesê.
“Daar is altyd ‘n mate van druk as mens vir die All Blacks speel. Wat tel is hoe mens die druk hanteer.
“Mens moet konsentreer op wat jy reg doen en dit saam met jou neem en jy moet aanhou glo in wat jy doen.
“Dis hoe dit gaan in sport," het die kaptein gesê.
Hy het benadruk dat daar na Saterdag se toets 'n lang rustyd op sy manne wag, en dat hulle graag die seisoen op 'n hoë noot wil afsluit.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24