Drienasies

McCaw erken hy't teen SA oortree

2010-07-29 09:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Bloemfontein. – Richie McCaw het gister erken hy het verskeie kere in die toetse teen die Springbokke nie volgens die reëlboek gespeel nie, maar dat dít alles deel van rugby is.

Dié All Black-flank en kaptein is in die tweede Drienasies-toets teen die Bokke in Wellington volgens ruggastats.com vyf keer gestraf wat die Suid-Afrikaanse afrigter, Peter de Villiers, en van sy senior spelers rooi laat sien het.

Die Ier Allain Rolland was die skeidsregter wat McCaw nie met ’n geelkaart vir sy spel by die afbreekpunte gestraf het nie en sal op 28 Augustus die fluitjieblaser wees wanneer die Bokke teen die Wallabies op Loftus Versfeld te staan kom.
 
“Ek het ’n paar foute begaan en daar is ’n aantal kere waaroor ek sal redeneer. Ek dink die belangrikste is dat jy moet weet waarmee jy sal wegkom of nie. Maar ek het ongetwyfeld ’n klompie foute begaan,” het McCaw gesê.

Hy sê solank hy sy span nie onder druk plaas nie, sal hy met sy spel voortgaan.

McCaw het voor Saterdag se Drienasies-toets teen die Wallabies in Melbourne ook erken dat hy in Wellington gelukkig was om nie meer strafskoppe teen die Bokke af te staan nie.

McCaw het gesê hy sal ligloop vir Suid-Afrika se Craig Joubert in eerskomende Saterdag se toets.

McCaw en sy eweknie van die Wallabies, David Pocock, se spel teen die Bokke het nietemin onderstreep dat daar ondanks reëlveranderinge steeds plek vir baljagters soos die Bokke se Heinrich Brüssow in toetsrugby is.

Brüssow behoort volgens die Cheetahs se jongste beseringsverslag beskikbaar te wees om die Bokke op die einde van die jaar se toer na Europa te vergesel.

McCaw erken dat ook Pocock die Bokke baie met sy spel by die afbreekpunte in Brisbane gefrustreer het.
 
“Hy het ’n groot impak daar (afbreekpunte) gehad. Die Springbokke was ook nie so akkuraat soos hulle graag sou wou wees nie,” het McCaw gesê.

Pocock is volgens ruggastats.com drie keer teen die Bokke gestraf.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.