McCaw: Net idiote kan nie aanpas nie
2010-08-18 13:02
In-diepte Verslae
Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.
Johannesburg - Richie McCaw, kaptein van die All Blacks, het kritici, insluitende die Springbok-afrigter Peter de Villiers, gekap en gesê dat enige speler wat nie by die skeidsregter se interpretasie van die afbreekpunte kan aanpas nie, is “‘n idioot”.
McCaw word grootliks in die kollig geplaas met aanhoudende bewerings dat skeidsregters die All Blacks anders as hul opposisie behandel wanneer dit by oortreding kom en strawwe uitgedeel moet word, berig SuperSport.
Victor Matfield, onderkaptein van die Springbokke, het juis onlangs gesê dat McCaw by afbreekpunte wegkom met moord.
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.