Drienasies

Matt Giteau se kop rol

2011-07-20 08:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Sydney – Gee John O’Neill, die uitvoerende hoof van Wallaby-rugby, punte vir sy vermoë om tamboere te slaan oor alles buiten Aussie-rugby.

Hoe hy egter Saterdag die 90 000 sitplekke vir die eerste Drienasies-toets in 2011 in Australië se Olimpiese stadion (ANZ-sta­dion) gaan uitverkoop, weet g’n mens nie.

Vergeet van die skuld wat SA Rugby skynbaar gaan dra oor hy ’n “B-span” vir dié toets gekies het, die grootste bondgenoot vir die Bokke blyk die Aussie-afrigter, Robbie Deans­, self te wees.

Die Kiwi, wat eens groot respek wêreldwyd afgedwing het vir sy vermoë om die Crusaders tot internasionale bewondering te slyp, is duidelik die kluts kwyt ná sý “B-span” teen Samoa slae gekry het.

Deans se groep vir Saterdag is selfs meer eksperimenteel as die 22-tal wat Peter de Villiers, Bok-afrigter, vir dié dag voorberei het en sluit tot groot verligting van die besoekers nié Matt Giteau in nie. Dié spelskepper het die prys betaal vir die nederlaag teen Samoa en is nie eens in die 22-tal nie.

“Hy het steeds ’n rol te speel in die toekoms van Australiese rugby,” het Deans Dinsdag onoortuigend gesê. “Ek is net nie 100% seker oor hoe en waar nie.” Sela.

Deans het Pat McCabe as senter gekies en sonder om dié Brumbies-heelagter en vleuel in dié gesig te vat, het die afrigter sy toekoms in die hande van ’n nuweling met twee toetse agter die blad geplaas.

Die Aussies het ’n gemiddeld van 25 toetse per speler in die begin-vyftiental (die Bokke s’n is 21) en daar is duidelike krake in dié span.

Hoewel Werner Kruger én Dean­ Greyling hul toetsdebuut maak, lyk die Aussie-stutte maar redelik verdag.

Ben Alexander is ’n bewese toetsspeler, maar is as vaskop gekies, terwyl hy hoofsaaklik loskop vir die Brumbies speel.

Sekope Kepu, wat die meeste van sy meer as 50 stryde vir die Counties-Manakau as vaskop gespeel het, gaan loskop speel.

Deans het ook die puik slot Nathan Sharpe­ na die bank geskuif.

Australië se span is:

Kurtley Beale (15 toetse), James O’Connor (27), Adam Ashley-Cooper (52), Pat McCabe (2), Digby Ioane (12), Quade Cooper (24), Will Genia (23), Sekope Kepu (4), Stephen Moore (56), Ben Alexander (25), Rob Simmons (6), James­ Horwill (25), Rocky Elsom (65), David Pocock (30), Ben McCalman (10). PLAASVERVANGERS: Saia Fainga’a (11), Pek Cowan (5), Nathan Sharpe (94), Matt Hodgson (11), Scott Higginbotham (2), Nick Phipps (1), Anthony Fainga’a (4).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: sydney  |  wallabies  |  drienasies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.