Drienasies

Matfield kry spesiale stewels vir sy honderdste toets

2010-08-25 06:40
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit
All Blacks verbaas oor Sanzar-tugbesluit

Die All Blacks sê hulle is verbaas oor die besluit deur 'n Sanzar-tugverhoor om die Wallabies se Quade Cooper nie vir beweerde vuilspel te skors nie.

Video: Bokke wen Drienasies
Video: Bokke wen Drienasies

Die Springbokke het die Drienasies-kragmeting teen die All Blacks in Hamilton gewen en is as wenners van die Drienasies-beker gekroon.

Pretoria – “Jou eerste wedstryd in ’n Springboktrui is baie spesiaal en om jou 50ste wedstryd as ’n Springbok te speel is ongelooflik, maar om vir jou 100ste wedstryd uit te draf is iets wat jy nooit dink sal gebeur nie.”

Só het Victor Matfield gister hier in Sunny­side gesê nadat hy ’n spesiale paar rugbystewels van Puma met die woorde “Vic 100” daarop van die voormalige Springbok Percy Montgomery ontvang het.

Montgomery was die eerste Bok wat 100 toetse gespeel het.

John Smit, Springbok-kaptein, het verlede Saterdag voor 90 000 toeskouers in die FNB-stadion in Soweto in die toets teen die Kiwi’s die tweede Springbok geword wat 100 toetse vir Suid-Afrika gespeel het.

Matfield het gesê dit is vir hom “’n ongelooflik groot eer om Saterdag in Montgomery en Smit se voetspore te kan volg”.

Die Springbokke pak Australië Saterdag op Loftus Versfeld.

“Ons hoop ons kan ons foute en swak geluk van die afgelope vier wedstryde omdraai om Saterdag met iets spesiaals vorendag te kom,” het Matfield gesê.

James Mullen, woordvoerder van Puma, het gesê ter ere van Matfield se 100ste toets gaan sowat 35 000 Victor Matfield-maskers voor die wedstryd gratis aan toeskouers buite Loftus Versfeld uitgedeel word. “Daar gaan duisende Victor Matfields langs die veld wees,” het Mullen gesê.

Matfield het gister skaam geglimlag toe Montgomery een van dié maskers opgesit het.

Ná gister se nuuskonferensie, waartydens Saterdag se Springbok-span aangekondig is, het Morné Steyn gesê hy hoop Matfield sal ’n beter 100ste toets as die Springbok-kaptein hê.

“Ongelukkig kon ons dit nie vir John teen die All Blacks deurhak nie, maar hopelik kan ons dit Saterdag vir Victor op Loftus doen.” 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

binne nuus24

Nuutste Drienasies-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.